Die band 1925band vra ‘Waarom’ met nuwe snit

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ’n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ’n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herinner ons dat die antwoord by jouself lê – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm, Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landwyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landwye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die skare behoorlik op hulle voete.

1925Band is geteken by Storm Rekordz en is gebasseer in die pragtige Kaap.

Luister hier na ‘n voorsmakie van hulle liedjie:- 1925 Band – Waarom

Loer hier onder na een van hulle liedjies:- 1925Band – Gedig Op Jou Arm (Amptelike Musiek Video)

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment