Die Bekende C. Louis Leipoldt-gedig kry nuwe lewe

Die sanger Elvis Blue, het die bekende C. Louis Leipoldt-gedig, Hand Vol Gruis, nuwe lewe gegee.

Dié gedig, wat deur Gert Vlok Nel getoonset is, is deur Elvis heropgeneem en vir die heel eerste keer by die Afrikaans is Groot-konsert gesing in 2017.

Dit was so gewild dat aanhangers vir die verwerking gevra het, en hul vraag is uiteindelik beantwoord met die musiekvideo daarvan.

Elvis reik ook eersdaag ’n splinternuwe DVD uit en die Afrikaans is Groot DVD sal vanaf 16 Maart in winkels beskikbaar wees.

Loer hier na die musiekvideo:- Elvis Blue – Hand Vol Gruis

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment