Kom laat jou sintuie feesvier by die Proe’toria fees

Wat kry jy wanneer jy op ’n Saterdag die beste musiek, smaaklikste kos, lekkerste wyn en oulikste kindervermaak kombineer by een van die gewildste kuierplekke in Pretoria? ’n Onvergeetlike buitelug-feesdag, wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal saamtrek vir die kuier van die jaar!

Datum:- 25 Augustus 2018

Tyd:- 12:00 – 23:00

Toegang:- Kinders Onder 12 Jaar – Gratis, Kinders 12 Jaar tot 18 Jaar – R80.00, Volwassenes R180.00


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Volgens Leon Pheiffer, stigter van die fees, is dit beslis nie ’n geleentheid om mis te loop nie. “Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankies in die land bied om van te proe en te koop nie, maar ook die mooiste kunswerke, ’n speelpark om die jongspan gelukkig te hou, en optredes deur van die beste musikante in die bedryf,” verklap hy.

Adres:- 1 Boschkop Road, Zwavelpoort, Pretoria, 0040

GPS Koordinate:- 25.8101° S, 28.3803° E

Kontak:- 071 471 6698

Kaartjies kan bespreek word by Tixsa

“Spesifieke sangers is vir die geleentheid gekies omdat hulle weet hoe om ’n fees aan die gang te kry en aan die gang te hou. Hulle is baie gewild in die musiekindustrie en gaan definitief die dag vir elke bywoner die moeite werd maak met van hulle grootste treffers.”

Die publiek kan daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Elvis Blue, Touch of Class, Nádine, Leah, Tussen Sterre, Johrné van Huyssteen, Jemma, 2nd Life, Spoegwolf, Ampie en meer.


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in
GRATIS!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment